Joernalis Internskap
Media24
Cape Town, Western Cape
Internship
Apply
Posted 06 November 2025 - Closing Date 20 November 2025

Job Details

Job Description

INTERNSKAP VIR JOERNALIS

Wou jy nog altyd ’n verslaggewer wees? Doen nou aansoek vir Media24 se internskapposisie vir knap digitale joernaliste by Kuier, vanaf 1 Februarie 2026- 31 Januarie 2027.

Doen aansoek as jy:

  • ’n Tersiêre kwalifikasie in joernalistiek, Afrikaans of ander relevante kwalifikasie het.
  • Nuuskierig is oor die die land en sy mense, en in voeling is met wat plaaslik en internasionaal aangaan.
  • Gretig is om te leer en groei.
  • Dol is oor stories en storievertellery, ongeag die formaat of platform.
  • Kan goed skryf, maar stel ook in digitale media belang.
  • Met gemak ’n video met ’n slimfoon kan skiet.

Wat ons verlang:

  • Uitstekende storievertelvaardighede.
  • Uitstekende taalvaardighede in Afrikaans.
  • Die vermoë om vinnig, akkuraat en onder druk te werk.
  • Die vermoë om ’n vars invalshoek vir ’n storie te kry.
  • Die vermoë om in ’n span te werk en ’n redakteur se opdragte te volg.
  • Dryfkrag, energie en basiese awesomeness het.

Wat jy sal doen:

  • Inskrywings vir Kuier se digitale platforms skep.
  • Doen verslag oor nuus en skryf artikels vir die tydskrif.
  • Vir interessante stories op die web rondsnuffel wat ons lesers graag sal wil lees.
  • Bou ’n netwerk van kontakte en hou dit in stand.

Media24 is Suid-Afrika se toonaangewende mediamaatskappy met belange in digitale media en dienste, koerante, tydskrifte, e-handel, uitgewery, drukkerye en verspreiding. Dit is deel van Naspers, ’n multinasionale groep met media- en e-handelplatforms.

Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.