Subredakteur
Media24
Cape Town, Western Cape
Permanent
Posted 08 April 2026
- Closing Date 22 April 2026
Job Details
Job Description
Media24 Afrikaanse Nuus het ’n pos vir ’n subredakteur in Die Burger se dagkantoor.
Ure wissel na gelang van redaksionele behoeftes.
Pligte behels onder meer:
- Redigeer en proeflees van kopie, met genoegsame kennis om dit op ’n sinvolle wyse te sny indien nodig;
- Kontroleer korrektheid van feite, spelling en grammatika;
- Skryf goeie byskrifte en opskrifte wat sowel die aandag trek as taalkundig en feitelik korrek is;
- Lees bladproewe noukeurig en korrigeer;
- Vertaal kopie, en maak seker dat dit taalkundig en feitelik korrek is;
- Maak seker dat kopie die publikasie se spesifieke styl volg wat grammatika, taalgebruik en voorkeurspelwyses betref; en
- Bly ingelig oor die jongste taalreëls soos in die taalstylgidse vervat.
Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende kriteria voldoen:
- Toepaslike tersiêre kwalifikasies;
- Uitstekende taalvaardigheid, puik woordsub en ervaring in ’n redaksionele produksie-omgewing;
- Kennis van die Eidos-stelsel sal ’n aanbeveling wees;
- Minstens vyf jaar toepaslike joernalistieke ervaring;
- ’n Aanvoeling vir en belangstelling in nuus, aktuele sake en die kunste;
- Moet eie inisiatief aan die dag kan lê, maar ook in ’n span kan saamwerk; en
- Moet vinnig en akkuraat onder druk kan werk.
Die suksesvolle kandidaat moet bereid wees om elke tweede Vrydag en Sondag van 14h00-22h00 te werk.
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal daar aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.