Advertensieverteenwoordiger Beeld Metro - Noord- Pretoria
Media24
Pretoria, Gauteng
Permanent
Apply
Posted 11 January 2019 - Closing Date 18 January 2019

Job Details

Job Description

Beeld, ‘n afdeling van Media24, benodig die dienste van ‘n ervare Advertensieverteenwoordiger. Die persoon sal in Pretoria gebaseer wees.

 

VERANTWOORDELIKHEDE

  • Genereer daagliks nuwe besigheid deur vertoonadvertensies vir die Direkte kleinhandelverkope-afdeling te verkoop
  • Identifiseer geleenthede en genereer addisionele inkomste op Spesiale projekte 
  • Sien toe dat mikpunte op ‘n maandelikse basis bereik en oortref word
  • Stimuleer die mark deur innoverende idees en reklameplatforms aan kliënte te verskaf ooreenkomstig met hulle reklamedoelwitte
  • Identifiseer en slaan munt uit geleenthede om bykomende inkomste te genereer vir die Kleinhandel-afdeling
  • Berei verkope-aanbiedings voor deur die jongste navorsing te gebruik, voer die hele verkoopstransaksie suksesvol uit en bereik maandelikse mikpunte konsekwent
  • Werk teen streng spertye

 

POSVEREISTES

  • Matriek of gelykwaardige kwalifikasie           
  • Verkoops-/bemarkingsgraad of -diploma sal voordelig wees
  • Minimum van 2-jaar toepaslike ondervinding in die direkte advertensie-omgewing
  • Dieptekennis van die mediabedryf
  • Rekenaar-vaardighede en bekwaam in MS Office (Word, Excel, PowerPoint en Outlook)
  • Professioneel, persoonlike deursettingsvermoë en integriteit
  • Sterk interpersoonlike en onderhandelingsvaardighede
  • Doeltreffende kommunikasievaardighede – praat en skryf
  • Sterk aanbiedingsvaardighede
  • Goed ontwikkelde kliëntebasis
  • Geldige rybewys en eie betroubare vervoer noodsaaklik
  • ‘n Positiewe gesindheid in ‘n uiters mededingende omgewing en floreer onder druk
  • Entrepreneursintuïsie en sakevernuf
  • Vermoë om transaksies te inisieer en te beklink

 

In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste bied die maatskappy 'n mededingende vergoedingspakket en lidmaatskap van die aftree- en siekefonds aan persone wat daarvoor kwalifiseer.