Sake-Joernalis - Rapport
Media24
Johannesburg, Gauteng
Permanent
Apply
Posted 11 January 2019 - Closing Date 18 January 2019

Job Details

Job Description

Rapport is op soek na ’n gesoute joernalis met bewese ervaring om hoofberigte vir ‘n nasionale publikasie te skryf. Die suksesvolle kandidaat sal op 1 Maart 2019 begin.

 

Die posbekleër kan of in Pretoria of in Johannesburg of in Kaapstad werk en sal aan Rapport se nuusredakteur rapporteer.   

 

Pligte behels onder meer die volgende:

  • Skryf gesaghebbende en nuusbrekende berigte en artikels in Afrikaans vir Rapport se sake- en nuus-blaaie,
  • Die kandidaat moet gereeld hoofberigte vir Sake-Rapport lewer. As deel van ’n baie klein sake-span moet die kandidaat veelsydig wees en in ’n wye reeks onderwerpe belangstel.
  • Skep en handhaaf ’n uitgebreide netwerk van nuuskontakte.

 

Die suksesvolle kandidaat sal aan die volgende kriteria voldoen:

  • Minstens 5 jaar joernalistieke ervaring, verkieslik by 'n gevestigde nuuspublikasie of ander media;
  • Ervaring van sake-joernalistiek is ‘n vereiste.
  • ’n Naskoolse kwalifikasie. Kwalifikasies in die sakewêreld, die regte of rekeningkunde sal ’n sterk aanbeveling wees.
  • Skerp nuussin en aanvoeling vir nuuswaardigheid;
  • ’n Goeie skrywer met ’n voorliefde en aanvoeling vir nuusberiggewing;
  • Vermoë en selfmotivering om ondersoekende joernalistiek te doen;
  • 'n Geldige rybewys

In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste bied die maatskappy ’n mededingende vergoedingspakket en lidmaatskap van die aftree- en siekefonds aan persone wat daarvoor kwalifiseer.

Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.