SENIOR NAG-SUBREDAKTEUR
Media24
Johannesburg, Gauteng
Permanent
Apply
Posted 11 July 2019 - Closing Date 26 July 2019

Job Details

Job Description


Senior NAG-SUBREDAKTEUR

 

Media24 Afrikaanse Nuus het 'n pos vir n senior nag subredakteur in Johannesburg

 

Pligte behels onder meer:

  • Redigeer en proeflees kopie, met genoegsame kennis om kopie op ’n sinvolle wyse te sny
  • Kontroleer korrektheid van feite en spelling en grammatika
  • Skryf byskrifte en opskrifte wat sowel aanloklik as taalkundig en feitelik korrek is
  • Lees bladproewe noukeurig en korrigeer
  • Vertaal kopie, en maak seker dat dit taalkundig en feitelik korrek is
  • Maak seker dat kopie die publikasie se spesifieke styl volg wat grammatika, taalgebruik en voorkeurspelwyses betref
  • Bly ingelig oor en implementeer die jongste taalreëls soos in die taalstylgids vervat word

 

Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende kriteria voldoen:

  • Toepaslike kwalifikasies.
  • Puik woordsub, verkieslik met ervaring in ‘n redaksionele  produksie-omgewing.
  • Ervaring in bladopmaak sal ‘n aanbeveling wees.
  • Toepaslike joernalistieke ervaring.
  • ‘n Aanvoeling vir en belangstelling in nuus en aktuele sake.
  • Moet eie inisiatief aan die dag kan lê, maar ook kan saamwerk in ‘n span;
  • Moet bereid wees om Sondae te werk.

 

 

In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste bied die maatskappy ʼn mededingende vergoedingspakket, asook lidmaatskap van die aftree- en mediese fonds vir persone wat daarvoor kwalifiseer.

 

 

Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.