Sport Joernalis: Son
Media24
Cape Town, Western Cape
Permanent
Apply
Posted 09 July 2019 - Closing Date 23 July 2019

Job Details

Job Description


 Son het tans n vakature pos oop gebaseer in hul kantoor in Kaapstad. Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sal wees om sport- en ander berigte intesamel en te skryf vir Son en Son op Sondag.

 

Verantwoordelikhede sluit die volgende in:

Insamel en skryf van sport- en ander berigte vir Son en Son op Sondag.

Skryf van diepte- en ondersoekende artikels en rubrieke.

Opbou van uitgebreide kontakte in die gemeenskappe in die koerant se verspreidingsgebied.

Algemene skakeling met publiek en nuusmakers.

Vertaling van artikels.

Genereer idees vir spesiale artikels.

Voldoen aan die gehalte-, styl- en inhoudstandaarde soos uiteengesit en deur die betrokke publikasie vereis word.

Voldoen aan die vereistes van die Suid-Afrikaanse Perskode.

Kan gevra word om vryskutpersoneel en junior permanente personeellede by te staan en hulle te ondersteun.

Proeflees artikels.

Skep en skakel met netwerk van kontakte om met navorsing of voltooiing van artikels/spesiale artikels te help.

Bladuitleg en ander produksieverwante take te voltooi.

Neem van foto’s en video’s.

Lewer aanlyn inhoud.

Maak seker dat alle verbeterings wat aangebring word, van die gehalte is wat deur die publikasie vereis word en

spertye nakom.

 

Vereistes:

Diploma of graad in Joernalistiek.

Die geskikte kandidaat is ’n opgeleide joernalis met ’n besonderse belangstelling in sport en die wêreld rondom

hom/haar.

Die suksesvolle kandidaat moet oor ’n sterk nuussin beskik.

Daarby is hy/sy selfgemotiveer en doelgerig, toon inisiatief en kan onafhanklik optree.

Bladuitleg- en vertaalvaardighede sal ’n pluspunt wees.

’n Geldige rybewys is n vereiste.

Moet oor ten minste drie jaar ondervinding in nuuskantoor beskik.

 

Bevoegdhede vereis:

Moet stres kan verwerk

’n Gevestigde kontaktebasis

Goeie skryfvaardighede in Afrikaans

Kennis en begrip van die teikenmark

Ingesteldheid op gehalte en aandag aan detail

Goeie besluitneemvermoëns

Goeie beplan- en organiseervaardighede

Inisiatief

Lesersgerigtheid

Onderhandelingsvaardighede

Goeie kennis van mediawette

Kreatiwiteit

Sluitingsdatum:

 

23 Julie 2019